JANSENVILLE-NUUS - ’n Polisievoertuig is in die vroeë oggendure van Saterdagoggend, 14 Junie, op die R75 gekaap.
Hulpversoeke om die voertuig op te spoor is op talle sosialemediaplatforms gedeel.
Die publiek se reaksie op dié nuus was egter totaal uiteenlopend, van ’n gespottery tot verontwaardigheid, “want hoe kry die polisie dit reg dat hul voertuig gesteel word?!”
’n Polisiewoordvoerder, brig. Nobuntu Gantana, het egter op Sondag, 15 Junie, ’n volledige mediaverklaring uitgereik om meer inligting oor die verloop van die diefstal te deel.
Sy het gesê ’n verdagte het in ’n polisievoertuig gevlug nadat hy sekere polisiebeamptes gefnuik het.
“Volgens polisieverslae het die Jansenville-polisie op ’n motorvoertuigongeluk op die R75 gereageer.
Met hul aankoms het die beamptes hul voertuig langs die pad geparkeer en die enjin volgens standaardprosedure laat luier om die blou ligte vir veiligheid te laat flikker.
Op die toneel het die lede ’n VW Polo Vivo in nabygeleë bosse teëgekom.”
Gantana het gesê ’n verdagte het in die polisievoertuig gevlug nadat hy die beamptes omseil het.
Na ’n uitgebreide soektog is die voertuig met behulp van Navic-verkeerskameras opgespoor, op pad na Uitenhage (Kariega) waar dié voertuig ook later gevind is, nadat dit bloot agtergelaat is en die insittende te voet die toneel verlaat het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’