KAROO NUUS - Inwoners van Steynsburg het laatmiddag op Vrydag 27 September magteloos staan en kyk hoe 'n eens pragtige woonhuis in Gysbertstraat in vlamme opgaan.
Nadat die eienaar of huurder twee jaar gelede verhuis het, het plakkers hul intrek geneem en die tuiste gevandaliseer.
Dit is nie bekend hoe die brand begin het nie, maar daar word vermoed dat die plakkers vuur binne die huis gemaak het.
As gevolg van 'n voortdurende waterskaarste in Steynsburg, kon bure en die plakkers net toekyk hoe die woning brand.
Steynsburg het geen brandweer nie en die naaste brandweerstasie is in Burgersdorp, 71 km ver.
Niemand is in die voorval beseer nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’