GRAAFF-REINET NUUS - Na 'n verwoestende brand by Sonstraal-kleuterskool in Santaville in Graaff-Reinet op 23 Januarie, probeer die skoolhoof, Vivian Kemp, naarstigtelik om fondse bymekaar te maak om die skool te herbou.
Die skool het afgebrand na dit vermoedelik met opset aan die brand gesteek is.
In die weke voor die skool afgebrand het, het die gebou en inhoud erg onder vandale deurgeloop en op die dag van die brand het 'n groep kinders agter die gebou gespeel.
Nou, slegs etlike dae voor die nuwe skooljaar weer begin, het Kemp se man, Pastoor Gavin Kemp, die Pinkster Protestante Kerk as 'n tydelike hawe vir die sowat 100 Sonstraal-kleuters beskikbaar gestel.
Kemp is positief dat sy eersdaags die nodige fondse sal bekom om Sonstraal weer op die skool se perseel te laat bou.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'