KAROO NUUS - Drie van Laer Volkskool se tweekampatlete het onlangs aan 'n liga in Gqeberha deelgeneem. Elmaré Naudé en JJ van Schalkwyk het beide tweede plekke behaal en Naudé van der Merwe het 5de gekom.
Dié drie atlete sal op 28 September die Oostelike Provinsie in Bloemfontein verteenwoordig.
JJ en Elmaré sal vir die A-span deelneem en Naudé is ingesluit in die B-span.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’