GRAAFF-REINET NUUS - Vincent Pienaar van Hoër Volkskool en Juliandra Breda van Spandau Sekondêr, in Graaff-Reinet, het verlede Donderdag, 4 April, aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiek/LSEN Nasionale Hoërskole Baan- en Veldkampioenskappe in die Paarl deelgeneem en goed gevaar.
Hierdie kampioenskap bied die geleentheid vir jong atlete om hul sportvermoëns teen ander uitstekende atlete vanoor die land te toets. Dit is 'n uitstekende platform vir hierdie toekomstige atlete en stel hulle bloot aan die ervaring om dalk eendag Suid-Afrika op internasionale vlak te verteenwoordig.
Juliandra Breda
Resultate:
- Vincent Pienaar het vyfde in sy uitdun en 'n algehele twaalfde posisie uit 28 deelnemers in die seuns 100 m o. 15-jaar afdeling met 'n tyd van 11:56 sekondes geëindig.
- Juliandra Breda het agtste in haar uitdun in die o. 15 400 m afdeling geëindig.
Adam Mafeking, Juliandra se afrigter sê dat die atletiekseisoen vir eers verby is, maar dat hy 'n winterprogram met haar gaan deurwerk om haar vir die volgende seisoen voor te berei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’