GRAAFF-REINET NUUS - Precious Erns en Trevihanna Hendricks van Spandau Sekondêre Skool is gekies om die Oos-Kaap vanaf 30 Junie tot 4 Julie by die nasionale All Ages netbaltoernooi te Boksburg, Gauteng, te gaan verteenwoordig.
Albei spelers is vir die o. 15-span gekies.
Die skool en die skoolgemeenskap wens die spelers baie geluk.
Hulle insluiting in die Oos-Kaapspan laat hulle egter met finansiële uitdagings.
Hulle moet twee keer na Queenstown (Komani) reis om oefenkampe, verdere kondisionering en spanbou te ondergaan. Dit sluit dus vervoer, verblyf en etes in.
Die skool vra almal se hulp en ondersteuning om hierdie spelers by die oefenkampe en ook in Johannesburg te kry.
Diegene wat wil bydra, kan Rebecka Nell by 073 262 1150 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’