KAROO NUUS - Nadat talle padgebruikers klagtes ingedien het oor oponthoude deur winterturbines op die N10 tussen Cradock en Middelburg, asook tussen Gqeberha en Cradock, is ‘n verklaring deur die departement van paaie en vervoer uitgereik.
Die windturbinelemme oornag op Cradock wat verdere padsluitings en verkeersopeenhopings teweeg bring.
Volgens die departement is vyf van hul voertuie tans nie bruikbaar nie en in werkswinkels, wat beteken dat die oggend- en middagskofte dieselfde voertuie moet gebruik.
Dit gebeur ook soms dat middagskofte nie 'n voertuig in die nag terugbring nie, met die gevolg dat die oggendskof later by die windturbinelemme aankom om hulle uit die dorp te begelei.
“Dit is ongelukkig nog te donker soggens om 07:00 om uit Cradock (Nxuba) te vertrek, want dit is 'n risiko vir hulle om te reis wanneer hulle nie 150 meter voor hulle kan sien nie,” lui die verklaring.
Wanneer die lemme die dorp verlaat is dit die korrekte tyd volgens hul tydsberekening, want dan kom hulle vroeg genoeg by hul bestemming aan om af te laai voordat hul weer moet terugreis na Gqeberha vir nog 'n besending.
Volgens die departement sal gepoog word om beter resultate te kry en dat dinge sal verbeter sodra die onklaar voertuie weer in diens is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’