KAROO NUUS - Vier Laer Volkskool-leerlinge van Chinelle School of Dance, het van 21 tot 26 Augustus aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem.
Hierdie was die 42ste jaar van die dansfees, en was dit ook Chinelle School of Dance se dertigste deelname.
Meer as 1 319 optredes van 23 dansateljees uit die Oos- en Wes-Kaap het hieraan deelgeneem.
Dié kunstefees stel 'n platform vir dansers om hul talente op die verhoog ten toon te stel. Die beoordelaar, was die internasionale dansontwerper, Desiree Green-Demianenko.
Resultate:
- Monique Nell - twee silwer toekennings in ballet pare, twee silwer toekennings in moderne dansgroep- en pare en twee silwer toekennings in die klopdanssolo.
- Christi Schutte - twee silwer toekennings in die moderne danskategorie.
- Annabelle Kruger - twee silwer toekennings in die moderne danskategorie, twee silwer toekennings in die klopdanskategorie.
- Gina Botes - twee silwer toekennings in die balletsolo.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’