KAROO NUUS - Familie en vriende het oor die naweek wyle Hansie Merrelton se bedroefde ouers, Jan Brigoor en Leen Merrelton, besoek na hul 15-jarige seun op Dinsdag 1 Oktober voor sy pa doodgeskok is toe hy aan 'n kragpaal se ankerdraad gevat het.
Hansie was 'n leerder aan Laerskool Hofmeyr en het elke middag, nadat die skoolbus hom afgelaai het, sy pa gaan groet waar hy gewoonlik doenig was in die vrugteboord op Rooibergsleegte.
Die plaas is sowat 15 km vanaf Hofmeyr, waar Brigoor as tuinier gewerk het.
Op Dinsdag 1 Oktober was die waterpomp oop, en die leivoor het vars water na die groot vrugteboord herlei waar Hansie sy pa gevind het. Hy het sy skoolskoene uitgetrek, onder die kragpaal gelos, en deur die water na sy pa geplas.
Met sy terugkeer het hy na die ankerdraad van die kragpaal gegryp toe hy sy skoene wou optel. Dié draad was egter lewendig en die skok het hom 'n paar meter deur die lug geslinger. Hy is op die toneel dood.
Dit is nie seker wie vir die instandhouding van die kragpaal verantwoordelik is nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’