GRAAFF-REINET NUUS - Tydens nóg ‘n tragiese ongeluk in die Oos-Kaap om 23:00 op 23 Desember is vier lede van moontlik dieselfde gesin uitgewis, nadat hul Mercedes-sedan teen ‘n stilstaande trok gebots het.
Die ongeluk op die R61 tussen Komani en Tarkastad het die lewens van een volwasse vrou, twee jonger volwasse vroue en ‘n seun geëis.
Die insittendes van die stilstaande trok is lig beseer.
Hierdie ongeluk volg slegs ure nadat ‘n vrou en haar drie kinders in ‘n kop-teen-kop-botsing op die N2 naby Qumbu gesterf het.
Daar het op slegs een dag, 23 Desember, altesaam tien mense op die Oos-Kaapse paaie gesterf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’