Video
CRADOCK NUUS EN VIDEO - 'n Gatsby-aand is onlangs deur die inwonerskomitee van Elizabeth Jordaan-tehuis en Erica Sentrum in Cradock gehou en het hulle dit behoorlik geniet. Almal het volgens die tema aangetrek en gepaste musiek is ook gespeel.
Daar word ook altyd planne beraam hoe om geld vir die tehuis en sentrum in te samel. Lettie Schoeman, 'n inwoner van Elizabeth Jordaan-tehuis het toe voorgestel dat 'n Kerskoek gebak en uitgeloot moet word.
Retha Bonnett, bestuurder by die Elizabeth Jordaan-tehuis en Erica Sentrum in het toe ingestem en 'n heerlike vrugtekoek is toe deur Linda Bester, afgetrede kombuisbestuurder van die tehuis, gebak.
"Die koek het 2,6 kg geweeg, en Bester vertel sy het die resep jare terug by 'n vriendin gekry, wat dit uit 'n horing-oue Rooi Rose uitgeknip het," vertel Bonnet. Almoray Myburgh van Cradock was toe die gelukkige wenner.
VERSKAFDE VIDEO:
Inwoners het die Gatsby-aand baie geniet en het ook volgens die tema aangetrek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’