GRAAFF-REINET NUUS - Erik Swanepoel, 'n gr. 10-leerder aan Hoër Volkskool, het onlangs aan die Peak 2 Peak Extreme Enduro Challenge in Barkley-Oos onder die Drakensberge deelgeneem.
Die wedren verg dat motorfietsryers self op GPS moet navigeer waarheen hulle op pad is. Dit behels drie dae se ry waarvan die moeilikheidsgraad van die roetes in brons, silwer en goud verdeel word, met goud as die moeilikste.
Die eerste dag word gebruik om te bepaal in watter klas die ryers moet deelneem vir die volgende twee dae.
Swanepoel het as volg gevaar:
- 44 km-baan voltooi in goud en besluit om voort te gaan daarmee die volgende twee dae.
- 110 km voltooi in 'n baie goeie tyd van agt ure.
- 100 km voltooi in sewe ure 30 minute.
Swanepoel het 'n goue trofee verower.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’