GRAAFF-REINET NUUS - Matrikulante wat die pas afgelope Donderdagaaand Hoër Volkskool se matriekafskeidfunksie bygewoon het, en graag hul foto’s in die Graaff-Reinet Advertiser wil sien kan dit vir ons stuur.
Die Graaff-Reinet Advertiser sal die foto's in hierdie Donderdag se uitgawe publiseer.
Foto’s kan per e-pos gestuur word na mariette@groupeditors.co.za
Daar is geen kostes aan verbonde nie maar die foto’s moet ons asseblief teen 16:00 Dinsdagmiddag, 2 Oktober, bereik.
Dit is baie belangrik om die name en vanne van die persone in die foto te meld.
Foto’s waar dié inligting ontbreek, asook swak kwaliteit foto’s, sal nie gepubliseer word nie.
Ons sal sover moontlik poog om al die foto’s wat ons ontvang te publiseer, maar ons kan ongelukkig nie waarborg dat al die foto’s wel geplaas sal word nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'