Video
CRADOCK NUUS EN VIDEO - Op Maandag 15 Julie, nog 'n ysige wintersaand in Michausdal by Cradock, het 'n gesin in 14 Shannonstraat binne hul huis warm gebly terwyl die temperatuur buite slegs 6°C was.
Hul rus en vrede was egter van korte duur.
'n Buitegeboutjie van sink het onverklaarbaar vlamgevat en al hul besittings wat daar gestoor was het in vlamme opgegaan.
Cradock-brandweer is uitgeroep en Smhart-sekuriteit was ook gou op die toneel, maar daar was nie water beskikbaar om die vlamme te blus nie.
Almal op die toneel het toe bontgestaan om die brand te blus. Niemand is beseer nie. Die oorsaak van die brand word ondersoek.
VIDEO: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’