GRAAFF-REINET NUUS — Alhoewel Graaff-Reinet die naweek in twee verdeel is met Union en die Volkskole wat mekaar in die jaarlikse interskole aandurf, moet almal, hetsy Union- of Volkskool-ondersteuner, se hongerpyne steeds gestil word.
Laer Volkskool se OOV nooi graag alle besoekers en die skoolgemeenskappe van Union en Volkskool uit om hul snoepie oor die loop van die naweek te ondersteun.
Die snoepie sal Vrydag van 10:30 tot 17:00 by Hoër Volkskool se velde en Saterdag van 08:15 tot 17:00 by die Botaniese Sportgronde heerlike versnapperinge verkoop.
Smul aan koek, oliebolle, pannekoek, vetkoek-en-maalvleis, boereworsrolle, sosaties, roosterkoeke, hoenderrepies, Chip 'n Dip, roomyse, spookasem, springmielies en nog vele meer!
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'