Video
JANSENVILLE NUUS EN VIDEO - As Oos-Kaapse finalis was Jansenville en die agt ander finalisdorpe vanoggend in die pylvak om soveel stemme as moontlik te kry om die gesogte titel as Kwêla Dorp van die Jaar in te palm.
Die afsnypunt vir SMS-stemme was vandag, 12:00, Vrydag 19 Julie en by Huis Welverdiend in die angoradorp is daar verwoed gestem tot op die allerlaaste sekonde.
Spanwerk was die wagwoord onder leiding van Huis Welverdiend se bestuurder, Leoné Mulder.
Video: Leoné Mulder
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’