GRAAFF-REINET NUUS - Sewentien verteenwoordigers van Solidariteit Helpende Hand vanuit die Oos-Kaapse streek het onlangs hul jaarlikse opleidingsgeleentheid by The Schack in Theescombe buite Gqeberha bygewoon.
Bestuurslede takke vanaf Jansenville, Hofmeyr, Uitenhage, Gqeberha, Despatch, Jeffreysbaai, Cradock, Graaff-Reinet, en dan ook takke vanuit die Noord Oos-Kaap was genooi.
Marlene Basson, streekorganiseerder van die Oos-Kaap en KZN-Suidstreek het die opleiding waargeneem, saam met Liezl van Wyk, maatskaplike werker by Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap en KZN-Suidstreek.
Helpende Hand se struktuur is bespreek hoewel sommige dorpe net deur dorpsverteenwoordigers gedra word, is voortdurende bystand vanaf Helpende Hand ook aan sulke lede deurgegee.
Die bestaansrede en visie van Helpende Hand is met die lede gedeel, en ook die posisioneringstrategie, asook die unieke waardes wat Helpende Hand toevoeg tot elke gemeenskap.
Strategiese doelwitte en waardes is ook deurgewerk, en die kultuurkenmerke wat vertroue, helpmekaar, mededeelsaamheid, nederigheid, omgee en hoop omhels is ook bespreek.
‘n Paar veranderings is aangebring in takke in die Oos-Kaap-streek, en daar is ook opleiding gegee aan takbesture in vergaderingprosedures en administratiewe vereistes.
Beskikbare maatskaplike dienste wat deur Helpende Hand aangebied word, is ook met lede gedeel.
Vervolgens is die jaarprojekte wat vir hierdie jaar deur Helpende Hand in die streek aangebied word, ook aan lede deurgegee, sodat takke reeds vroegtydig kan inskakel by projekte.
Cindy Fourie van Avbob het ook dié instansie se Lewenslêers met lede gedeel en ook die projekte wat deur Avbob by groepbyeenkomste aangebied word, deurgegee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’