Update
KAROO NUUS - Nie minder as 23 polisievoertuie het gister, 1 September deel van 'n intense soektog na die vermeende moordenaar van die Siviele Ingenieur, Thys van Niekerk (64) gevorm.
Hy is op 30 Augustus, met veelvuldige steekwonde, dood in die plaashuis op Uitkyk aangetref. Die plaas is tussen Cradock en Hofmeyr.
Hy was 'n gerespekteerde siviele ingenieur wat deur SBA CIVIL & STRUCTURAL Engineers aangestel was en het die afgelope drie maande op die plaas gebly terwyl hy aan die opgradering van die R390-pad gewerk het.
Hierdie sou sy laaste groot projek gewees het voordat hy afgetree het.
Die plaaslike gemeenskap het ook deel gevorm van die soektog na die verdagte en het Bovlekpoort-, Hofmeyr- en Visrivier-boerevereniging almal hul steun aan dié soektog verleen.
'n Groot groep vrywilligers het gister by die polisie aangesluit om behulpsaam te wees met die soektog na die verdagte van die moord op Thys van Niekerk.
Foto: Nicola Jordaan
Vorige artikel: Vermoorde ingenieur sou na projek aftree
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’