Video
KAROO NUUS EN VIDEOS - Tussen 15 en 18 mm welkome reën het deur die nag en vanoggend, 5 November in Graaff-Reinet geval. 62 km vanaf Graaff-Reinet word padgebruikers versoek om die N9 oor die Lootsbergpas te vermy, aangesien swaar sneeu-neerslae dit deur die nag bykans onbegaanbaar gemaak het.
Dit is uiters gevaarlik en kan moontlik gesluit word sodra die verkeersdepartement 'n inspeksie uitgevoer het.
Die R61 oor die Wapadsberg is steeds oop en begaanbaar, met ligte sneeu in die omgewing.
VERSKAFDE VIDEOS:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’