MICHAUSDAL NUUS EN VIDEO - Daar was vanaand, 18 April, vanaf 17:00 'n geïntegreerde ontwikkelingsplan-vergadering in die Sonskynsentrum in Michausdal gereël.
Inxuba Yethemba-munisipaliteit se burgemeester, Noncedo Zonke, was genooi om die vergadering toe te spreek rondom die kragtoevoer wat reeds vir 70 dae geblok is.
Volgens 'n bron, het inwoners tydens die vergadering hulle ongelukkigheid uitgespreek waarom sommige wat reeds die 25% van agterstallig premies betaal het asook reëlings met die munisipaliteit getref het vir die afbetaling van die uitstaande bedrag, se krag wéér deur die munisipaliteit geblok is.
Volgens 'n verteenwoordiger vanuit die vergadering, het die inwoners geweier om Zonke se teenwoordigheidsregister te teken, nie voordat sy dié kragsituasie met hulle bespreek nie.
Dit is nog onbekend wie op die inwoners begin skiet het, en word daar beweer dat dit moontlik sekuriteitswagte of selfs Zonke se eie lyfwagte was.
Dit is ook onseker wie die opdrag gegee het om op die inwoners te skiet. Die Advertiser sal sodra meer inligting rondom die voorval bekend word, berig.
VIDEO: Klik op die skakel hieronder om na die video te kyk:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’