GRAAFF-REINET NUUS - Twee oud-Volksies het onlangs getrou, tien jaar nadat hulle mekaar op die skoolbanke ontmoet het.
Biokinetikus en tennisafrigter Karisma Calitz, het op 3 Augustus met Tiaan Erasmus, ’n sitrusbestuurder, in Patensie getrou.
Dié datum is ook wanneer die paartjie tien jaar gelede eers begin uitgaan het.
Die paartjie woon nou in Patensie. “Mag julle liefde vir baie jare nog blom,” het Karisma se ma, Mariska Calitz, gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'