GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het onlangs op kultuurvlak met Hoër Landbouskool Marlow meegeding.
Beide skole se kultuurleerders het die naweek se aktiwiteite afgeskop met skitterende prestasies in redenaars - en Volkskool het behoorlik skoonskip gemaak!
Junior afdeling:
1ste – Pieter Fourie Volkskool
2de – Hestri Pearson Volkskool
Senior afdeling:
1ste – Mikha Enslin Volkskool
2de – Mia Prinsloo Volkskool
Marlowleerders kon egter hul staal wys tydens die vasvra en behaal die volgende punte:
Marlow juniors: 51
Volkskool juniors: 42
Marlow seniors: 64
Volkskool seniors: 62
Marlow wen dus die vasvra!
Beide skole bedank elke leerder en afrigter wat kultuurdeelname moontlik gemaak het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’