JANSENVILLE NUUS - Na afloop van die onlangse Sarah Baartman-netbalproewe in Makhanda waartydens 11 van Hoërskool Jansenville se netbalspelers die Dr Beyers Naudé Munisipaliteit op distriksvlak verteenwoordig het, is Jesmine van Sensie in die Sarah Baartman-netbalspan opgeneem.
Die netbalspan het op Saterdag 4 Mei aan die OP-proewe in Komani deelgeneem waar hulle teen die spanne van die ander Oos Kaapse-distrikte meegeding het.
Volgens Hoërskool Jansenville se woordvoerder, Helen-Mari Wright, het Jesmine van Sensie dit ongelukkig nie gemaak vir die volgende ronde nie, maar die skool is steeds baie trots op haar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’