KOMANI NUUS - Die distrikskommissaris, genl. maj. Rudolph Adolph, in samewerking met sy bestuur, het die afgelope naweek 'n wydverspreide operasie Sikhona, van stapel gestuur.
Altesaam nege verdagtes is deur die polisie van die Mlungisi-area in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, was die fokus van die afgelope naweek se operasie die monitering van alkoholverskaffers en om op die uitkyk te wees vir dwelmhandel-aktiwiteite.
Ses verdagtes is vir dwelmhandel in hegtenis geneem, terwyl twee verdagtes vir drankverkope onder verdagte omstandighede gearresteer is.
Een persoon is vir swak gedrag terwyl onder die invloed van die drank gearresteer. Daar is ook beslag gelê op talle gevaarlike wapens.
Alle verdagtes is in hegtenis geneem en sou Maandag 1 Augustus in die Komani-hof verskyn.
Dwelms wat deur die polisie gevind is.
'Ons bring jou die nuutste Komani, Oos-Kaap nuus'