GRAAFF-REINET NUUS - Klipplaat SAPD is opsoek na Elvis Deon Maniza (24) wat op 21 Desember vermis geraak het.
Maniza staan ook bekend as “Warren”.
Hy was laas gesien in ‘n swart t-hemp, grys sweetpakbroek met twee strepe en pienk “Crocs”.
As iemand weet waar hy hom bevind kan hulle konstabel Dolf by Klipplaat SAPD skakel op 049 834 0079 of 049 834 0016.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’