HOFMEYR NUUS - Ronel Gouws, slow stitching-kenner by Hofmeyr Hugs of Hope, het 'n briljante plan beraam om die naaldwerkers wat besig is met opleiding te leer om as 'n span saam te werk, al is hulle elkeen op verskillende vaardigheidsvlakke.
"Ons het besluit om as 'n span saam te werk - ek het vir elke naaldwerker 'n blok materiaal en 'n versameling versierings gegee wat hulle by die huis moes gaan vaswerk.
"Aanvanklik moes elke naaldwerker stap-vir-stap gewys word hoe en wat gedoen moet word. Met hulle tweede blok het die kreatiwiteit nie perke geken nie en elkeen was opgewonde om aan die finale produk te werk om die afronding te doen," vertel Ronel.
Tydens die Karoo-kosfees in Cradock het Jenkins Creek die pragstuk aangekoop.
Van links, is Bettie Brown, Dorette Brown, Rochelle Brown, Lindiwe Sintu en Allen Arendt, hulle vertoon met trots die pragstuk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’