KAROO NUUS - Altesaam 307 fietsers en 40 ondersteuners het van 20 tot 22 September aan die eerste naweek van hierdie jaar se Ride the Karoo-fietsrit deelgeneem. Die volgende naweek het 232 fietsers en 30 ondersteuners op 28 September bymekaargekom sodat die fietsers om 07:30 in koel weer kon vertrek om 79 km, en 'n klim van 660 meter, aan te pak.
Hierdie, die 12de Ride the Karoo, strek oor drie dae en het so gewild geword dat dit deesdae oor twee naweke plaasvind om al die deelnemers te akkomodeer. Daar kan maksimum 300 deelnemers per naweek deelneem.
Deelnemers word bederf met plaaslike gasvryheid, en enige iets van skaaptjoppies, roosterkoek en tradisionele Karookos word deurgaans aangebied.
Gemeenskap slaggereed
Die hele gemeenskap van Middelburg was slaggereed vir die toestroming en daar word maande vooruit beplan.
Niks is ook in die platteland moontlik sonder pligsgetroue borge nie, en die borge vir hierdie fietsrit het ook nie teleurgestel nie.
Toe ysige koue vir die naweek voorspel word, het dit geensins die geesdrif van fietsers of gashere- en vroue gedemp nie.
Roetes is toegerus met waterpunte, en koeksisters en lekkernye is aangebied. Op dag drie was daar selfs cuppacino vir die fietsers, 'n aangename verrassing omdat dit so koud was.
Farm en Sheep Trail
Die Ride the Karoo is 'n drie-dae fietsrit en begin reeds op die Vrydagaand, wanneer 'n 21 km nagrit op Dwarsvlei aangepak word. Die rit oor die eerste naweek staan bekend as die Farm Trail, terwyl die tweede naweek se rit bekend staan as die Sheep trail.
Op Saterdag, word 'n 24 km dagrit deur die omliggende plase aangebied en op die Sondag word daar 45 km getrap.
Roetes word beplan sodat deelnemers die mooiste dele van die Karoo kan beleef. Vanjaar is die Ride the Karoo vir die vierde keer van Dwarsvlei aangebied.
Middelburg baat
Die sowat 700 gaste wat Middelburg besoek oor die twee naweke, dra by tot die dorp se ekonomie en dit is ook ideale bemarking van die Karoo.
Plaaslike draadmakers maak die windpompies wat as toekennings oorhandig word en plaaslike verskaffers berei die etes voor.
Baksters staan vir dae voor die rit reeds en koeksisters en roosterkoeke bak.
WENNERS
Farm Trail wenners:
- Jacques du Preez 5:48:52.481 (1ste man)
- Elize Nieuwenhuizen 7:52:06.419 (1ste vrou)
- Sheep trail wenners:
- Pieter Etsebeth 6:53:25.375 (1ste man)
- Karen Vermaak 7:21:68:554 (1ste vrou)
Image caption
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’