HOFMEYR NUUS - Die Groot Doornhoekpas op die R391 tussen Molteno en Hofmeyr is tans gesluit weens 'n swaar vragmotor wat onklaar geraak het.
Verkeerspolisie en insleepdienste vanaf Komani word afgewag.
Dié grondpad, hoewel in swak toestand, word deur die Globale Posisioneringstelsel as kortste roete tussen Bloemfontein en Gqeberha aangedui.
Motoriste word versoek om vandag liefs alternatiewe roetes te gebruik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’