STEYNSBURG NUUS - Die mans van die Steynsburg Boere-unie het op 14 Februarie vergadering gehou en die dames het op dieselfde dag hul eie planne gehad tydens dié byeenkoms.
Die dames het vooraf vir Marais Steyn Huis vir Bejaardes genader om van die inwoners saam op 'n plaasuitstappie te neem. Sue-Elize Henning het die seniors uitgenooi vir 'n heerlike tuinkuier op hul plaas, sowat 17 km buite Steynsburg.
Rolstoele, looprame, sonhoede, kieries, sonbrille, sakke met noodvoorraad, 13 inwoners, suster Dezi Anderson en versorger Suzette Isaacs is in die voertuig gelaai vir die uittog na die plaas.
"Ons inwoners is met ’n regte 'high tea', koningsklas eetgoedjies en die mooiste tuin bederf. Dit was ’n vreugdevolle ervaring waaroor almal nog steeds praat," sê Coyla Southey, suster by die instansie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’