OOS-KAAP NUUS - Die R56 tussen Tarkastad en Cradock is vir verkeer gesluit, nadat 'n vragmotor geknipmes het en sy sleepwa verloor het.
Die voertuig en wa kan dus nou nie vorentoe of agtertoe kan beweeg nie.
Groot verkeersopeenhopings is reeds weerskante van die ongeluk.
Verkeer vanaf Queenstown word aangeraai om met die N6, en dan oor Sterkstroom, Molteno, Steynsburg en Hofmeyr na Cradock te reis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’