GRAAFF-REINET NUUS - Die moord op 'n oud-Volksie, Marolien Schmidt in Gqeberha op Vrouedag, 9 Augustus, het vandag skokgolwe deur Graaff-Reinet gestuur.
Marolien, 'n fisoterapeut bekend as The Pink Physio, is die dogter van voormalige Graaff-Reinetters, Sineke en wyle dr. Willem Schmidt, 'n mediese dokter.
Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Sandra Janse van Rensburg, het Schmidt se bure haar te hulp gesnel nadat hulle haar hoor skreeu en glas hoor breek het. Die bure het haar omstreeks 01:40 met veelvuldige steekwonde op die vloer van haar huis gevind. Sy is na die hospitaal gehaas, maar het aan haar beserings beswyk.
‘n Volledige berig sal op www.graaffreinetadvertiser.com en in volgende week se Advertiser verskyn.
Enige persoon wat kan help met inligting kan sers. Chris Kleynhans by 082 650 7564 of Misdaadstop by 08600 10111 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’