Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Die optog vanaf Kroonvale is in volle swang.
Ongeveer 400 mense deel in die protes teen tekortkominge in munisipale dienslewering.
Op plakkate word die ontevrede optoggangers se eise duidelik uitgespel. Burgemeester Deon de Vos se bedanking word ook deur sommiges geëis.
Hulle is nou in Kerkstraat, oppad na die tesouriekantore waar hulle 'n memorandum aan De Vos wil oorhandig.
Kyk 'n video hieronder
Verwante artikel: Optog oor tekortkominge in dienslewering
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'