Update
HOFMEYR NUUS - Nadat hul voertuig Saterdagoggend, 26 Oktober, baie vroeg met die ingang van die Farmhouse padstal gebots het, is beide die vroulike passasier en manlike bestuurder na Cradock se Provinsiale hospitaal verwys en is dieselfde dag reeds ontslaan.
'n Klag van nalatige en roekelose bestuur word ondersoek.
Die voertuig kon verwyder word en die ingang van die padstal word vandag herstel.
Vorige artikel: Ongeluk in Hofmeyr se Hoofstraat
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’