GRAAFF-REINET NUUS - Die plaaslike munisipaliteit op Steynsburg sê dat die R56, wat Vrydag 24 Januarie, deur betogers blokkeer is, weer vroeër op Maandag 27 Januarie gesluit is. Dit is deur betogende inwoners beset wat reeds Vrydag 'n voorraad klippe, bande en boomstompe aangedra het.
'n Sterk polisieteenwoordigheid was egter ligdag op die toneel, en versperrings moes deur voornememde betogers verwyder word.
Aanvoerders en organiseerders is Vrydag deur die polisie in hegtenis geneem en sal Woensdag in die landdroshof op Steynsburg verskyn, wanneer die hof weer in sitting is.
Polisie is steeds sigbaar op die R56, en verkeer vloei teen 'n slakkepas, terwyl verskeie partye vergader om oplossings te vind vir die voortslepende krisis. Sanral, SAPD en die Walter Sisulu- munisipaliteit in Aliwal- Noord is ook teenwoordig, asook 'n verteenwoordiger van die Joe Gqabi- munisipaliteit.
Die meeste besighede in Steynsburg is sedert Vrydag toe uit vrees vir die hoogs vlambare situasie.
Hierdie roete is 'n verbindingsroete tussen Bloemfontein en Cradock en Graaff-Reinet, en die sluiting van die roete behels dat alle verkeer van die R391 grondpadroete gebruik moet maak. Die R391 moet met groot omsigtigheid gebruik word deur kleiner voertuie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’