GRAAFF-REINET NUUS - By Narsingstraat Primêre Skool (NPS) vul die klanke van hokkiestokke wat klap deesdae ook die skool se sportgronde. 'n Nuwe hokkieprogram is sedert Mei verlede jaar in volle swang.
Die afrigters, Natasha Blignaut en Melisa van Eeden (beide onderwysers by die skool), en spanbestuurder, Roelien van de Putte het verlede jaar 'n hokkie-kliniek aangebied waar die basiese tegnieke vir 23 spelers aangeleer is.
Hierdie jaar word dieselfde hokkie-kliniek weer aangebied. Die spelers het sedert verlede jaar merkwaardig verbeter met die hulp van Botha se afrigting. "Die spelers is ook baie meer entoesiasties hierdie jaar," sê die spanbestuurders.
NPS sê dat hulle daarna gaan streef om 'n volle program van wedstryde gedurende die jaar aan te bied. Hoewel NPS tans uitdagings met 'n hokkieveld ervaar waar spelers kan oefen en wedstryde aanbied, maak hulle die beste van 'n klein stukkie grond tussen die bome om te oefen, "maar dit breek nie die pas of entoesiasme van die spelers nie," voeg Blignaut by.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’