CRADOCK NUUS - Laerskool-tennisspanne vanuit die Oos-Kaap (twee spanne), die Vrystaat en die Noord-Kaap het vanaf 2 tot 6 Oktober teen mekaar meegeding in die eerste been van die Synergy Trofeewenners-toernooi.
Spanne in die o. 11-, o. 12- en o. 13-ouderdomsgroepe het vanuit die drie provinsies ingeskryf.
Die Oos-Kaap word deur twee spanne verteenwoordig - die Aloes verteenwoordig deel 1 (Grahamstad in die Sarah Baartmandistrik, Chris Hani-distrik, Joe Gqabidistrik en Buffalo City-distrik), en die Elephants verteenwoordig deel 2 (Nelson Mandelabaai Metropool en -distrik en die ander deel van die Sarah Baartmandistrik wat Humansdorp en Graaff-Reinet insluit).
Die finale uitslae het die Oos-Kaapse Elephants eerste geplaas in die o. 11-ouderdomsgroep, met die Oos-Kaapse Aloes in tweede plek, die Vrystaat derde, en Noor-Kaap vierde.
In die o. 12-ouderdomsgroep het die Oos-Kaapse Aloes die eerste posisie behaal, met die Oos-Kaapse Elephants tweede, Vrystaat derde en Noord-Kaap vierde.
Die o. 13-Oos-Kaapse Aloes het nie teleurgestel nie, en behaal die eerste plek, met Noord-Kaap in die tweede plek.
Die Oos-Kaapse Elephants verslaan die Vrystaat met 41-26 om die derde plek te behaal en die Vrystaat beklee vierde posisie.
Die hoërskoolspanne ding mee vanaf 9 tot 13 Oktober, waarna die Synergy-beker oorhandig sal word.
Graaff-Reinet Advertiser sal die finale uitslae weergee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’