LADY FRERE NUUS - Twee persone is die afgelope naweek in hegtenis geneem na 'n ongelisensieerde vuurwapen in hul besit gevind is.
Volgens kapt. Ursula Roelfse, polisiewoordvoerder, is vuurwapens in die verkeerde hande ‘n groot bekommernis vir die polisie. Positiewe inligting het gelei tot die suksesvolle arrestasie van skuldiges en die konfiskering van ongelisensieerde vuurwapens in Lady Frere.
"Lede van die misdaadvoorkomingseenheid was aan diens toe hul inligting ontvang het vanaf die Hala 1 Ndonga AA-gemeenskap wat daarop gedui het dat twee manlike persone in besit van vuurwapens was.
"Tydens die SAPD se operasie is twee vuurwapens gevind en twee manlike verdagtes, ‘n 28- en ‘n 29-jarige, is gearresteer."
Volgens haar is daar drie aanklagte, twee vir besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van 'n swart HP-skootrekenaar met ‘n kragkabel en herlaaistel teen die mans.
Die distrikskommissaris, genl. maj. Rudolph Adolph, het die lede gekomplimenteer en het ook die gemeenskap bedank vir die positiewe identifikasie van skuldige persone in hul omgewing.
Die skootrekenaar wat vermoedelik gesteel is.
Een van die vuurwapens wat gekonfiskeer is.
'Ons bring jou die nuutste Lady Frere, Karoo nuus'