SUID-KAAP NUUS - Group Editors het hierdie week die individuele foto's van die Suid-Kapenaars ontvang wat onlangs met AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings vereer is.
'n Volle nege van die 47 ondernemings wat vanjaar vir hulle bydrae tot Afrikaans vereer is, is in die Suid-Kaap geleë - of sowat 20%!
AfriForum Sakenetwerk beloon innoverende ondernemings wat trots is om ook in Afrikaans sake te doen en so Afrikaans as besigheidstaal bevorder.
In 2016 het AfriForum bevind dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is.
Links en onder is die foto's van die mense agter die nege Suid-Kaapse wenondernemenings. Saam met die trofeewenners op elke foto is AfriForum se Sanderien van der Walt (links) en Nikkie Nel (regs), so in die byskrifte onder word net die onderneming en trofeeontvangers genoem.
Seebederfie Gastehuis in Groot-Brakrivier - Johnny Peens
Stilbaai Kelders in Stilbaai - Johannie Vermeulen
Piekant Piekniek in George - Marguerite van der Merwe
Mooiuitsig Kombuis in Groot-Brakrivier - Erasmus Myburg
Loka Boetiek in Mosselbaai - Stellie Taute
Kapoet Padstal in Willowmore - Rona Niewoudt
Hoep-Hoep Babaontwerpe in Vleesbaai - Rouxne Fivaz
Kasselshoop Kaas in Stilbaai - Hennie en Jacobu Lotter
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’