GRAAFF-REINET NUUS - Riana Harding van Ons Winkel in Graaff-Reinet het verlede week die prys vir die beste vordering in die Oos-Kaap van Solidariteit Helpende Hand ontvang.
Harding het met haar winkel Kategorie-oranje bereik met 'n groei van 20%.
Ons Winkel is in 2021 begin en Harding het volle beheer geneem in 2022 en het nog elke jaar prestasies behaal.
Die winkel kry donasies en skenkings van inwoners en besighede en verkoop dan die items in die winkel.
Die inkomste word dan gebruik om maatskaplike werkers op te lei wat na behoeftige oumense omsien.
Die inkomste word ook aangewend om rentevrye lenings aan studente te bied.
Harding is oorspronklik van Cradock, maar is die laaste 11 jaar in Graaff-Reinet woonagtig.
Vir meer inligting of donasies skakel Riana Harding by 072 696 1395.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’