OOS-KAAP NUUS - Een persoon is dood in ‘n kop-aan-kop botsing tussen ‘n vragmotor wat hout vervoer het en ’n motorvoertuig op die N2 tussen Kei en Kugompostad (Oos-Londen).
Nooddienste en wetstoepassing is op die toneel.
Volgens Unathi Binqose, woordvoerder van die Oos-Kaapse Departement van Vervoer, is die bestuurder van die Hyundai i20 op die toneel dood verklaar.
Die vragmotorbestuurder het geringe beserings opgedoen.
Die pad sal vir ’n paar uur gesluit wees terwyl veilige verwydering van wrakstukke en opruiming van die toneel afgehandel word.
Bestuurders word versoek om versigtig te wees, verkeersinstruksies te volg en hul reise dienooreenkomstig te beplan.
Die onderstaande alternatiewe roetes kan gebruik word:
Na King William’s Town en Gqeberha
Gebruik die R63 via Bhisho.
Draai af na Kei Cuttings naby Thomson Farm vanaf die Mthatha-kant (regterkant op die N2).
Na Komga en Port Alfred
Motoriste sal via Chaffleweg herlei word en sal weer by Gonubie by die N2 aansluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’