GRAAFF-REINET NUUS - 'n Foto, waar vyf kinders agter in 'n paneelwa sit, doen die ronde en word daar oor mensehandel bespiegel.
Graaff-Reinet Advertiser het intussen uitgevind dat dit nie die geval is nie en dat die insident op 25 April in Graaff-Reinet plaasgevind het.
Dennis Fortuin, hoof van beskermingsdienste in die DBNPM het aan die koerant bevestig dat dit wel 'n pa is wat sy eie kinders daagliks, op dié manier, skool toe en terug karwei.
Fortuin sê dat die pa 'n boete opgelê is op aanklag dat hy mense in 'n goederewa vervoer asook 'n boete omdat sy voertuig onpadwaardig is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’