ROUXVILLE NUUS - Die sesjarige dansertjie Nelize Sieberhagen van Rouxville het onlangs weer haar talent met feetjievoetjies gewys en met vier medaljes by kampioenskappe in Bloemfontein teruggekeer.
Op 29 Augustus het Nelize aan die Vrystaat Provinsiale Kampioenskap by Bobbiespark deelgeneem, waar sy ’n tweede plek in die o. 7-"beginner solo" en ’n derde plek in die o. 7-"beginner slowdance" verower het.
Net die volgende dag, 30 Augustus, het sy haar dansskoene aangetrek vir die Cheetah Challenge Championship – ’n nasionale kompetisie en wêreldkwalifiserende rondte.
Hier het sy twee bronsplekke ingepalm, weer in dieselfde twee kategorieë.
Nelize, wat sterk familie- en gemeenskapsbande met Murraysburg en Hofmeyr het, is ’n graad R-leerder aan Oranje Meisieskool in Bloemfontein waar sy ook spesiale erkenning vir haar prestasies ontvang het.
Met vier medaljes in twee dae bevestig sy dat sy nie net ’n dansie kan trap nie, maar dat sy dit met flair en deursettingsvermoë doen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’