GRAAFF-REINET NUUS - Die 62 km-lange R391 roete tussen Hofmeyr en Cradock is weer onder konstruksie.
Die roete was van 13 Desember, op versoek van Sanral, vir die druk vakansieverkeer op alle roetes na en van die kus, oopgestel.
"Werksaamhede het op 6 Januarie weer begin, en al vier stop-en-ry-stelsels is weer vanaf 7 Januarie effektief," sê Shaun Vermaak, siviele ingenieur betrokke by die projek.
Reisigers moet in ag neem dat die oponthoude 'n vertraging van tot 1 uur tot gevolg kan hê.
Werksaamhede by Tweede Krans langs die Groot Visrivier word streng bestuur, want daar word tans klippe uitgeboor en die klippe moet van die enkelbaanryvlak verwyder word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’