HOFMEYR NUUS - Drie vriendinne het op Woensdag 27 Maart besluit om 'n dagreis na Hofmeyr aan te pak vanaf hul tuisdorp, Somerset Oos.
Die reis het vroeg in Somerset-Oos begin toe Louise Erasmus, en haar jare lange buurvrou, Duifie Fourie, die rit aangepak het. Hulle het beplan om 'n ander Somerset-Ooster in Cradock op te laai.
Lientjie Erasmus, Louise se skoonsuster het pas teruggekeer van 'n Hartenbos-vakansie en was slaggereed om in Cradock by hulle aan te sluit.
"Ons het lankal lus gehad om Hofmeyr te gaan besoek," vertel Louise, wat self vir 10 jaar 'n inwoner van Hofmeyr was, "en ons was nie teleurgesteld nie.
Dié dorpie was opsigtelik netjies, en ons het 'n toer deur die dorpie geniet.
Die muurskilderye en hul stories het ons beïndruk en ons het heerlik gekuier by die Farmhouse, die Victoria Boetiek Hotel. By Hofmeyr Hugs of Hope was ons aangenaam verras, en het 'n wyle vertoef!"
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’