Gallery
GRAAFF-REINET NUUS — Dit was een kleurvolle gedoente toe Laer Volkskool se seuns en meisies mekaar met helderkleurige poeier kon bykom op die skool se sportgronde.
Dié skool het hul jaarlikse kleurfees die pas afgelope Maandagmiddag, 6 Augustus, gehou as deel van die geesvang vir interskole.
Die leerders het dit terdeë geniet en was ieder en elk toegesmeer van kop tot tone in helder reënboogkleure na afloop van die geleentheid.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'