GRAAFF-REINET NUUS - Die "Visionaries of Freedom"-fees het gister in die dorp afgeskop met 'n feesboodskap deur Graaff-Reinet se burgemeester, Willem Safers.
Die fees het ten doel om te demonstreer hoe kreatiwiteit individue kan help om 'n bestaan te maak, toerisme te bevorder en plaaslike ekonomieë te vernuwe.
Kreatiwiteit en nalatenskap is vanaf vandag, 5 Junie, tot Saterdag 7 Junie aan die orde van die dag.
Geïnspireer deur die eeufeesviering van die bevrydingsikoon Robert Mangaliso Sobukwe, bied die fees lewendige optredes, dialoogvertellings, vaardigheidsontwikkelingswerkswinkels, paneelbespreking en filmvertonings.
Die publiek en skole word genooi om die geleenthede te ondersteun en te deel in die vierings.
Die fees sal 'n hoogtepunt bereik met 'n musikale viering en meditasie getiteld Our fire still burns deur iPhupho L'ka Biko.
Met sy fokus op kreatiwiteit, nalatenskap en plaaslike geleenthede, beloof die "Visionaries of Freedom Festival" om 'n onvergeetlike ervaring te wees.
uijVir hierdie geskiedkundige gebeurtenis sal die Rupert-teater en verskeie ander lokale in Graaff-Reinet gebruik word om vertonings aan te bied met die oog op die skep van 'n beter lewe vir beoefenaars van die kunste.
Volgens die feesdirekteur, Mariza Matshaya, kan Graaff-Reinet nie bekostig om te wag vir oplossings om van buite af te kom nie.
Ons moet geleenthede van binne skep en dit beteken dat daar in jongmense se vaardighede belê moet word om die stories te deel in die plekke waar ons vandaan kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’