KAROO NUUS - Die eerste Cruisin 4 Cancer motorfietsrit in Cradock het op 4 November plaasgevind.
Gerhard Greyvenstein het die geleentheid gereël en is geen vreemdeling met die beplanning van sulke geleenthede nie.
Motorfietsryers van so ver as Middelburg, Colesberg en selfs Oos-Londen het deelgeneem.
Die publiek van Cradock het ook aan 'n Poker Run deelgeneem. Greyvenstein vertel dat Michelle Colarossi al haar wengeld van die Poker Run geskenk het vir die geleentheid.
"Ek het dié geleentheid geskep sodat ons fondse kon insamel vir Mila de Kock se mediese uitgawes, sy is gediagnoseer met kanker, en is tans 'n leerder by Hoërskool Cradock," sê Greyvenstein.
Die rit het by die plaaslike gholfklub begin waar 'n ruim donasie van spelers ontvang is. Daarna was daar 'n massarit deur Adderleystraat na Kommietjies, waar daar heerlik by Stallions en Adam se Gat gekuier is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’