CRADOCK NUUS - Cradock Hoërskool (CHS) het hierdie jaar weer gespog met 'n puik span inskrywings vir die Theron du Plessis mnr. en mej. CHS geleentheid wat in Mei vir die 30ste keer aangebied is.
Wat 'n opwindende geleentheid was dit nie!
Die nag is in "properse" Wilde Weste-styl aangebied en die 27 deelnemers het natuurlik op hul beste vertoon.
Die wenners is as volg:
Mnr. gewildheid - Siqalo Daki
Mej. gewildheid - Kamvelihle Mfaku
Mnr. persoonlikheid - Zander Swanepoel
Mej. persoonlikheid - Ineke van der Merwe
2de prins - Adrio Foure
2de prinses - Lisikazi Vayeke
1ste prins - Cameron van Wyk
1ste prinses - Lilitha Matsam
Mnr. CHS - Corné Slabbert
Mej. CHS - Ineke van der Merwe
Natuurlik is geen geleentheid soos hierdie moontlik sonder die bydraes deur borge nie, en Cradock Hoërskool wil graag die volgende borge bedank:
Theron du Plessis, Bergman & Adam, Cradock Guest House, 7 Cities Guest House, Princess Tips Nails & Beauty, Make-up by Natasha, Mengelmoes, Ochse Apteek, Spec-Savers, Grand River Spur, Tams Superspar, True Living, The Black Sheep, Angelique Hagen Photography en Stitch by Stitch.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’