MIDDELBURG NUUS - Dr Ewald Burger se amptelike boekbekendstelling van ‘Karoodokter Onthou’ is Vrydagaand deur verskeie belangstellendes, vriende en oud-pasiënte by Picadilli’s in Middelburg bygewoon.
Die eerste druk van die boek wat in Desember 2017 verskyn het, het so vinnig uitverkoop dat hy nou op aandrang van Middelburg se inwoners self die volgende bestelling boeke persoonlik kom aflewer het.
‘Karoodokter Onthou’ handel oor sy lewe as mediese dokter en burgermeester en bevat staaltjies en stories oor sy 50 jaar in Middelburg.
Dr Burger het tydens die vrolike geselligheid en vingerete by Picadilli’s ook ‘n skildery van ‘n rooi granaat wat deur sy skoondogter Sharon Burger geskilder is, aan sy jarelange huisvriend, Eddie Kok oorhandig.
Eksemplare van ‘Karoodokter Onthou’ is in grootdruk teen R80 en kleiner druk teen R70 by Leana Bloemiste te koop.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'