GRAAFF-REINET NUUS - Merino SA se jaarlikse algemene vergadering (AGM) het op 15 Augustus by die Botaniese Sportklub in Graaff-Reinet plaasgevind.
Hierdie geleentheid is gevolg deur 'n galadinee en toekenningseremonie wat deur erelede en adviseurs bygewoon is.
Merino SA se erelidmaatskaptoekenning is toegeken aan Pierre Vlok, wat in die Merino SA Raad dien en 'n skaap- en woladviseur vir BKB is.
Jan Joubert is as adviseur van die jaar aangewys. Joubert is 'n skaap- en wolbeampte by BKB.
Chrisjan Oosthuizen, BKB skaap- en wolbeampte, is die Merino SA adviseurskursus dux-student van 2025.
Roelo van Heerden is gevier vir sy langdurige betrokkenheid by Merino SA.
Johan du Plessis is beloon vir sy langdurige betrokkenheid by skoue en veilings.
Dr. Gretha Snyman van Grootfontein Landboukollege het 'n toekenning ontvang vir haar toewyding aan genomika en navorsing.
Dr. Japie van der Westhuizen (afwesig) is vereer as die vereniging se SA Stamboek se verteenwoordiger. Hy dien op Merino SA se raad en tegniese komitee.
Die nasionale Merino-veiling is vervolgens ook by die Botaniese Sportgronde gehou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’